Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Peoples II wen riller

Peoples II wen riller
 
2006-03-30


DIE tweede span van Young Peoples Krieketklub het sy seisoen op ’n hoë noot afgesluit toe hy Saterdag vir Wellington met ’n skamele paaltjie geklop het.

Wellington, die tuisspan word ingestuur op ’n ietwat klammerige blad en behaal 266/8 in hul 60 boulbeurte, danksy F Theron (61 4x5) en D Burger wat 58 (4x4, 6x5) moker van slegs 28 balle.

Jermaine Williams (2/42 in 19bb) en Jarier Alexander (2/53 in 11bb) was die besoekers se beste boulers.

Peoples begin die kolfbeurt baie positief, met Lindsay Davey (26 4x3) en Chester Kuiler (31 4x5) wat die lopies jaag.

Op 137/6 was Peoples in die knyp, maar ’n goeie vennootskap tussen Jonathan Jacobs (71 4x7) en Ainsley Anderson (64 4x10, 6x1) bring die teiken al nader.

Met die laaste twee kolwers voor die penne moker die kaptein, Marlin Carolissen, ’n grenshou om die wedstryd te beklink met nog agt
balle oor.



More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za