Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Paarl-Oos, Wellington soek eendag-glorie

Paarl-Oos, Wellington soek eendag-glorie
 
2006-03-30


Dit is omtrent ’n naweek vir krieketeindstryde in die Paarl.

Saterdag speel Paarl-Oos Krieketklub en Wellington Krieketklub op die Parys-veld teen mekaar in die eindstryd van die Boland Premierliga se eendagkompetisie en op Bolandpark meet die Boland Amateur-krieketspan en hul eweknieë van die Titans kragte in die eindstryd van die nasionale eendagkompetisie.

Paarl-Oos het hul plek in die eindstryd verseker toe hulle Saterdag vir Vredenburg/Saldanha op die New Orleans-veld met vyf paaltjies geklop het.

Die besoekers het op ’n drafstap begin kolf en het na slegs ses beurte reeds 47 lopies op die bord gehad.

Paarl-Oos moes sonder ’n paar van sy staatmaker-boulers soos Waylain September en Dennis November oor die weg kom.

Die Weskus-span behaal uiteindelik 229 voordat hulle in die 45ste beurt uitgehaal word.

Die spelers wat die beste met die kolf gevaar het, is A Huisamen (24 4x4), John Adams (21 4x3), Shaun Summers (46 4x6) en F Faure (52 4x6).

Die tuisspan se boulaanval is deur Elroy Abrahams (3/33 in 9bb) en Jackie Daniels (5/56 in 9bb) gelei.

Hoewel Paarl-Oos se eerste paaltjie in die eerste beurt kantel met die telling op 9, behaal hulle die wenlopies in die 33ste beurt.

Die voorste lopiemakers was Bruce Miller (89 4x10, 6x1), Shaun Cutting (66 4x6) en Werner Erasmus (34 4x3, 6x1).

Summer (2/34) en Faure (2/45) het die paaltjies vir die besoekers gekry.

Wellington Krieketklub se eerste span het vir Hermanus in hul halfeindstryd op Pen Basson geklop om so na Saterdag se eindstryd deur te dring.

Paarl-Oos II (188/2) het Van der Stel II (184/8) met agt paaltjies geklop om ook só na die eindstryd van die Reserwe Premier-liga se eendagkompetisie deur te dring.

Randall George (2/38 in 9bb), Neels Engelbrecht (3/40 in 8bb), Mark Borchards (52nun 4x6, 6x1) en Garth Lewis (54nun 4x11) het vir die Paarliete uitgeblink.

Paarl-Oos II kom Saterdag op die Parysveld-B teen Maties II te staan in die eindstryd.



More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za