Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Boland maak biltong van Bulle

Boland maak biltong van Bulle
 
2006-03-30


DIE rugbykeurders van die Fidentia Boland Kavaliers moes noodgedwonge twee veranderings aan hul span aanbring vir Saterdag se belangrike Vodacom Bekerwedstryd teen die Impala Luiperds op Wellington.

Callie Wannenberg (flank) is aangeraai om vir ’n maand tot ses weke te rus nadat hy ligamente in sy regterknie geskeur het.

Henley du Plessis het van sy seer dyspier herstel en sal nou die nommer-sewe trui dra.

Alvin Hugo (vleuel), wat gedurende verlede Saterdag se wedstryd teen die Blou Bulle sy dyspier beseer het, is ook nie oorweeg nie.

Ricardo Pietersen vervang hom in die span, terwyl Conrad Burke terug is op haker in die plek van Pieter Wium wat na die reserwebank skuif. Burke neem weer die kapteinskap by Charl Blom oor.

Ofskoon Saterdag se 38-35 (17-20) oorwinning teen die Blou Bulle dalk van akademiese belang was, het dit die moraal van die span ’n reuse hupstoot gegee.

Die Kavaliers het met minder as twee minute se spel oor, ’n sege voor die neuse van die Bulle weggeraap toe Kobus Meintjies (plaasvervanger-senter) onder die pale gaan druk het om die telling 35-36 in die guns van die tuisspan te maak. Peach was in die kol met die doelskop.

Oormôre se wedstryd teen die Luiperds is egter belangriker.
Twee enkele punte skei die Boland en die span van die Noordweste op die puntelys.

Die Kavaliers en Luiperds is saam met die Valke (voorloper in die kompetisie) in ’n stryd gewikkel om vir die twee vakante plekke in vanjaar se ABSA Curriebeker-kompetisie te kwalifiseer.

Justin Peach (heelagter), een van die voorste puntemakers in die Vodacom-kompetisie, het die afgelope drie wedstryde - wat die Kavaliers almal gewen het - genoeg vertroue ingeboesem met sy stelskopwerk.

Hy fouteer min met dié deel van sy mondering en hopelik sal Saterdag geen uitsondering wees nie.

Die wedstryd skop om 16:00 af op Fidentia Boland Stadion.

Fidentia Boland Kavaliers: Justin Peach; Enrico Swartz, Piet van Zyl, Claud Arendse, Ricardo Pietersen; Oswell Damons, Charl Blom; Francois Prinsloo, Henley du Plessis, Angelo Brinkhuys, Piet Myburgh, Willie Bower, Tommy Dixon, Conrad Burke (k), Fabian Brandt. (Plaasvervangers) Pieter Wium, Janro van Niekerk, Coenie Basson, Evert Kleynhaus, Neil Papier, Kobus Meintjes en Louw Schabort.



More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za