Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Onderwysers baat

Onderwysers baat
 
2006-03-30


NUWE kortkursusse wat die Universiteit van Stellenbosch se Instituut vir Wiskunde en Wetenskaponderwys (IWWOUS) aanbied, bemagtig graad 10 tot 12 leerkragte om nuwe onderwerpe oor lewenswetenskappe wat danksy kurrikulumvernuwing ingesluit is in hul vakgebied, aan te bied.

Onderwysers van 60 skole van die Paarl, Kaapstad, Worcester en George het reeds in Februarie en Maart vanjaar die tweedag-kortkursusse in Lewenswetenskappe oor datahantering en inheemse kennissisteme bygewoon en hul tuisopdragte ingehandig.

Dié kursusse, wat namens die Wes-Kaap Onderwysdepartement aangebied word, is geakkrediteer op vlak 6 van die Nasionale Kwalifikasie-raamwerk en is kredietdraend in die Gevorderde Onderwyssertifikaat wat ook deur IWWOUS bestuur word.

Die Datahanteringskursus wys onderwysers hoe om leerders in Lewenswetenskappe prakties te begelei om wetenskaplik ondersoeke te beplan, data in te samel en te analiseer, resultate bekend te stel en gevolgtrekkings te maak. Hierdie vaardighede is noodsaaklik vir verdere studie.

Die kursus Inheemse Kennissisteme help onderwysers en leerders om kultuursensitief te wees vir die verskeidenheid van kennissisteme in Suid-Afrika.

Die kursusse word later vanjaar weer gratis vir onderwysers aangebied, danksy borgskappe wat deur IWWOUS verkry word. Vir navrae, kontak IWWOUS by 808-3688.



More News
  • Manager did much good work
  • Zandwyk Park goes ahead
  • Rare wines hold their own at auction
  • Multiple awards for Grande Provence
  • Grondkundige kragte saamgespan
  • Fairtrade vloei suiwer by Bosmans
  • Sweet success for Nederburg
  • “TERROIRIST” at Nederburg Auction
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za