Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Hoekom so jaag in Meulstraat?

Hoekom so jaag in Meulstraat?
 
2006-03-30


SATERDAGOGGEND 25 Maart omstreeks 01:30 is my man se besigheidsvoertuig wat voor ons huis in Meulstraat geparkeer was, so te sê afgeskryf deur ‘n seun in ‘n wit Toyota.

Die voertuig wat hy bestuur het, behoort aan ‘n vriend van hom wat ook in die motor was. Die seun wat bestuur het, was glo “die nugterste” (hulle was op pad van een van die kuierplekke in die Paarl).

Daar is ‘n stopstraat op die hoek van Bo-Meulstraat en Meulstraat, maar dit is duidelik verontagsaam. Die seun het erken dat hy te vinnig gery het.

Saterdagoggend het hy om verskoning kom vra. Alles goed en wel, maar besef hierdie kind, bo en behalwe dat hy die lewens van drie ander mense wat saam met hom in die voertuig was in gevaar gestel het, wat die finansiële implikasie vir ons is?

Indien die voertuig afgeskryf word deur die versekeringsmaatskappy, sal slegs die boekiewaarde van die voertuig uitbetaal word. Die vervangingskoste van so ‘n voertuig word nie in ag geneem nie.

Die polisiebeampte op die toneel het ook, nadat ons spesifiek navraag gedoen het oor toetsing vir die teenwoordigheid van alkohol in die bloed van die bestuurder, geweier om die seun te neem vir toetsing - ‘n praktyk wat deur ‘n landdros, met navraag die volgende dag, as “hoogs verdag” bestempel is.

Dit is reeds die derde keer dat een van ons voertuie gestamp word waar dit geparkeer staan in Meulstraat (een hiervan helder oordag).
Dit is alombekend dat hierdie “ompad” deur veral jong mense gebruik word om die hoofstraat (en dus moontlike padblokkades) te vermy as hulle gedrink het.

Gedurende die dag word daar ook gejaag en die twee stopstrate word net eenvoudig geïgnoreer.

‘n Mens sou dink dat die frekwensie van ongelukke in hierdie deel van die Paarl die owerhede tot aksie sou roer - miskien moet ‘n jong mens eers sterf?

Thea Blaauw

Polisiewoordvoerder insp Julia Claasen antwoord: “Die beweerde wangedrag word ondersoek en die uitslag sal aan die betrokke party gerapporteer word.”



More News
  • Name change comes with new commitment
  • Maar moeilik met diens in middedorp
  • Rooi linte nie vir vandalisme
  • Moenie die naam verander nie
  • We can make a difference
  • Doen julle werk!
  • SMS
  • Peace under the (Linden) trees
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za