Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Wat is die honderegulasies van die Paarl?

Wat is die honderegulasies van die Paarl?
 
2006-03-30


IS dit moontlik dat die Drakenstein munisipaliteit aan inwoners besonderhede verskaf rondom regulasies vir die aanhou van honde?

Sedert hondelisensies nie meer van toepassing is nie het honde in woonbuurte ‘n probleem geraak.

Moet my nie verkeerd verstaan nie, ek is self ‘n troeteldierliefhebber, en juis daarom word ek ontstel as ek sien hoe daar geen beheer oor sekere eienaars se honde bestaan nie.

Antwoorde op die volgende vrae sal inwoners help om te weet waar die streep getrek behoort te word:

* Hoeveel honde mag op ‘n residensiële erf in die dorp aangehou word? Ek sien dat sekere eienaars self drie tot vier groot honde aanhou en die honde is gefrustreerd.

* Wat bepaal die regulasies oor honde wat vry op straat rondloop? Moet die honde nie aan ‘n leiband wees? Wie gaan betaal as die hond raakgery word vir skade aan jou voertuig?

* Hoe gemaak as jou bure se honde nag-na-nag aanhou blaf sonder rede?

Ek wil voorstel dat die munisipaliteit saam met hul maandelikse rekening ‘n kennisgewing aan alle inwoners stuur waarin regulasies aan inwoners rondom honde duidelik uiteengesit word.

Wat is die prosedure as honde-eienaars nie by die munisipale regulasies hou nie?

Ek doen navraag omdat ek sien dat ‘n verbod op die strooi van sigaretstompies een van die dae na meeste munisipaliteite as “by-law” uitgerol gaan word.

Dit sal help om te weet of regulasies oor die aanhou van honde reeds bestaan (hoewel dit dan nie effektief deur die munisipaliteit uitgevoer word nie).

Woef, ek gee om

Die munisipale woordvoerder reageer: Daar mag hoogstens twee honde per erf aangehou word, tensy die inwoner ‘n telerslisensie het.

Honde mag glad nie los loop op straat nie - hulle moet op leibande wees.

Honde mag ook nie ’n oorlas veroorsaak deur te blaf, tjank of enige ander gedrag wat vir bure of die publiek ‘n oorlas is nie.

Klagtes oor honde kan gerapporteer word by die Verkeersafdeling (tel 872-4755) vir die aandag van die Hondeinspekteur.



More News
  • Name change comes with new commitment
  • Maar moeilik met diens in middedorp
  • Rooi linte nie vir vandalisme
  • Moenie die naam verander nie
  • We can make a difference
  • Doen julle werk!
  • SMS
  • Peace under the (Linden) trees
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za