Nuwe kerk in Paarl
2006-03-30
DIE Faith Redemption Centre, ’n nuutgestigte kerk onder leiding van pastoor Apollis Benans, open die naweek sy deure in die Paarl.
’n Sewe dae “Breaking the Silence” konferensie vind van 2 tot 9 April plaas in die Rae Alexander-gebou in Klein Drakensteinweg. Die openingsdiens is Sondag om 16:00.
Bekende sprekers tree op, soos apostel Jerome Liberty van Port Elizabeth, pastoor Marius van Rensburg van Johannesburg, past Jacobus Brouwers van Kaapstad en past Johan Apollis van die Weskus.
’n Wêreldnagmaaldiens vind om 16:30 op 9 April plaas waar Drakenstein munispaliteit in gebed opgedra sal word vir herlewing, restourasie, transformasie en massa-evangelisasie.
Almal is welkom. Navrae by Jef Claasen (862-2624) of Cedric Klaasen (078-130-7291).
More
News
|