Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Wat doen jy met R50 000?

Wat doen jy met R50 000?
 
2006-03-30


OOR nege dae, op Saterdag 8 April, sal een gelukkige rekeninghouer van die Drakenstein Munisipaliteit, wat nie enige agterstallige geld skuld nie, wonder wat om met R50 000 se kontant te doen.

Ander gereelde betalers sal pryse van R25 000, R13 000, R8000 en R4000 kan wen.

Selfs diegene wat agterstallig is met die betaling van hulle munisipale rekenings (maar wel nou betaal) sal vir kleiner pryse in aanmerking kom.

Dié pryse is onderskeidelik kontant ter waarde van R2500, R1500, R1000 en R500, asook tien elektrisiteitskoepons (vouchers) van R100 elk.

Verlede jaar in Desember het die eerste prystrekking van die Munisipaliteit plaasgevind en toe was die eerste prys ’n CitiGolf ter waarde van R100 000.

Op 8 April vind dié kwartaal se prystrekking plaas om 10:00 by Paarl Mall.

Volgens die munisipale bestuurder, dr Sidima Kabanyane, is die doel van die kwartaallikse prystrekking om die mense van Drakenstein aan te moedig om hulle rekenings gereeld te betaal.

Almal wat die prystrekking bywoon, sal ook vir pryse soos geskenkbewyse in aanmerking kom.



More News
  • Natural burials arrive in South Africa
  • Lofprysing Oppiberg
  • Bonsai Kai vergader
  • Benefit concert
  • Have a lazy day braai
  • Staan op in moeilike tye
  • Boeresport by fondsinsamelingsdag
  • Local schools shine in debate
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za