Christusfees
2006-03-30
DIE Wellington Christusfees vind vanjaar van Woensdag 12 April tot Sondag 16 April (Paasnaweek) plaas en ’n vol program word deur die verskillende kerke beplan.
Op Woensdag 12 April tussen 08:00 en 08:30 word ’n menseketting gevorm in die strate waar skole geleë is.
’n Jeugoptog begin om 18:50 voor die OK Minimark, vanwaar hulle na Victoriapark beweeg vir die aansteek van die fakkel.
Hierna volg ’n erediens vir die jeug in die Moederkerk, met lof- en aanbidding gelei deur die groep Jonah Switch en verskeie items deur plaaslike jeuggroepe. Die prediker is ds Lettie Buchner.
Donderdag 13 April om 19:30 volg die Paas-Kantata in die stadsaal, aangebied deur VGK Bergrivier.
Op Vrydag 14 April om 10:00 word voedselpakkies by die AME Kerksaal uitgedeel en om 19:00 is die Paasspele by die NG Kerk Wellington-Noord.
Sondag 16 April word om 07:00 begin met ’n opstandingsbiduur in die Champagnestraat begraafplaas. Om 16:00 vind ’n lof- en aanbiddingsdiens plaas in die Boland Stadion, met Jan de Wet wat van 17:00 optree. Om 18:00 lei aartsdeken Andrew Wyngaardt die feesdiens.
Die afsluiting van die fees is om 19:00 in die Flappie Lochnersaal.
More
News
|