Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Laurinda tree op

Laurinda tree op
 
2006-03-30


DIE bekende Paarlse kunstenaar Laurinda Hofmeyr tree op Saterdag 22 April om 20:00 in Noorder-Agter-Paarl by Waterpoel op.

Sy word begelei deur haar vriend en meesterlike baskitaarspeler, Schalk Joubert.

Laurinda toonset graag gedigte en slaag daarin om op gevoelvolle manier die woorde vry te stel en te reïnkarneer in ’n tweede dimensie.

Bekende gedigte kry ’n ‘nuwe siel’ en die gehoor ervaar die dubbele plesier van woord en klank.

Kaartjies is R100 per kop, pikkos ingesluit. Drank beskikbaar. Bespreek ’n tafel by Trudy Oosthuizen, 082-896-9863.



More News

 
    [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za