Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Hulle is vol draad

Hulle is vol draad
 
2006-03-30


MOET ’n musikant laat slaap en heeldag by die huis lê, ’n “gig” speel, en die uitputtende roetine herhaal? Ken jy ’n musikant uit aan sy kleredrag? Is dit regtig nodig dat jy ’n “sad” storie moet hê sodat almal kan simpatiseer en kan deel in jou verdriet?

Nie volgens die ouens van Doringdraad nie! In Wellington is dié “band” al ’n huishoudelike naam.

Doringdraad gaan vanjaar die eerste keer by die KKNK optree. Hulle het drie vertonings by die welbekende Rock Art Café in Baron van Rheedestraat op 1, 5 en 8 April.

Doringdraad bestaan uit vyf ouens wat saam hul liefde en passie vir musiek uitleef.

Hulle sê: “Ons is net vyf doodgewone ouens wat ’n baie groot kick daaruit kry wanneer ons kan ruk en rol op die verhoog.”

Al die ouens studeer op Wellington by CPUT. Vier van hulle - Anton Hoek, Riaan van der Westhuizen, Kenneth Woodward en André Dippenaar - studeer onderwys, terwyl Charl Stapelberg landbou swot.

In kort beskryf hulle hul musiek as ligte tot harde pop rock musiek.

Hul lirieke handel oor vriende en familie, broeders en susters, straatbewoners, baklei-kunde, politiek, meisies, seks, ongebore babas, voorbehoedmiddels en break-ups.

Hulle sing oor tydperke wat vergete is, paaie wat doodloop en emigrasie.

Die groep vertel verder dat hulle by elke groot fees in die land wil optree, kontakte opbou en toere doen.

“Miskien kan ons eendag ook in weelderige hotelle bly met bubble baths.”

Die groep sê ook dat hulle nie sal omgee om hul eie toerbussie te hê met hul gesiggies groot geverf aan beide kante nie!

Navrae by Dippies, 072-480-2208.



More News

 
    [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za