Ondersteuning met woelige kleintjies
2005-04-07
DIE ATHV/ADHD (aandagtekort-hiperaktiwiteitsversteuring) ondersteuningsgroep vir ouers en onderwysers kom Woensdag 13 April om 19:00 by die Cheve-klubhuis in Meulstraat, Paarl, byeen.
’n Pediater, dr Adri van der Walt, sal die impak van ATHV/ADHD op die lyer, asook moontlike behandeling, bespreek.
’n Donasie van R5 per persoon sal gebruik word om onkoste te dek. Bespreek by Retha van Wyk by 872-5620 of 083-407-2552.
More
News
|