'n Dag in April
2006-04-06
DIE bekende Paarlse kunstenaar Laurinda Hofmeyr tree op Saterdag 22 April om 20:00 in Noorder-Agter-Paarl by Waterpoel op met `' n Dag in April'.
Sy word begelei deur haar vriend en meesterlike baskitaarspeler, Schalk Joubert.
Laurinda toonset graag gedigte en slaag daarin om op gevoelvolle manier die woorde vry te stel en te reïnkarneer in ’n tweede dimensie.
Bekende gedigte kry ’n ‘nuwe siel’ en die gehoor ervaar die dubbele plesier van woord en klank.
Kaartjies is R100 per kop, pikkos ingesluit. Drank beskikbaar. Bespreek ’n tafel by Trudy Oosthuizen, 082-896-9863.
More
News
|