Kleineisehof vir Wellington
2006-04-06
WELLINGTONNERS kan nou ook hul griewe - en eise tot ’n bedrag van R7 000 - by hul eie Kleineisehof lug.
Landdroste Lou Cronjé en Patrick Ross het agter die skerms gewoeker om dieselfde hof as dié waardeur talle eisers al in die Paarl vergoed is, op Wellington op die been te bring.
Prokureur JC Coetzee was die voorsittende beampte by die eerste sitting.
Die hof sit Donderdae om 18:00 by die Jeugsorgsentrum in Champagnestraat, met die volgende sitting op 20 April.
Kontak die klerk van die Wellington hof, Danny Wagner (873-1145), met navrae.
More
News
|