Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Grondeise raak 'n turksvy (editorial)

Grondeise raak 'n turksvy (editorial)
 
2006-04-06


OM die ongeregtigheid van grondonteiening deur die destydse drakoniese Groepsgebiedewet nou te probeer regmaak, kos nie net miljoene nie, maar daar moet ook fyn getrap word om mense nie verder van mekaar te vervreem nie.

Daar is verskeie grondeisers in die Paarl wat nog nie uitbetaal is nie, omdat hulle vasskop en weier om kontantuitbetalings te aanvaar.

Hulle wil terugkeer na hul bloedgrond, die plekke waar hulle gewoon en hul voorsate begrawe is, sê die mense wat vroeër bokant Bergstraat teen Paarlberg gewoon het.

As ’n mens kyk na die bedrae wat ter sprake is, maak hul eise om eerder grond as vergoeding te ontvang, sin.

Die kontantvergoeding beloop slegs R40 000 vir ’n onteiende erf van 600 vierkante meter, en daarby ’n addisionele R40 per vierkante meter vir groter erwe.

Teen die heersende markpryse is die vergoeding belaglik laag en kan ’n mens omtrent geen erf meer vir sulke pryse koop nie, om nie te praat van ’n huis daarop bou nie.

Tensy die kontantvergoedings vir grondeise aansienlik verhoog, of alternatiewe grond beskikbaar is, gaan hierdie eise ’n tameletjie raak vir die staat en die munisipaliteit - aan wie die grond tans behoort.

Geen geld kan regtig vergoed vir die onreg wat ’n groot gedeelte van die bevolking onder die destydse apartheidsregering gely het nie, maar daar moet beslis nie nou beursies toegeknyp word in die proses om die seer heel te maak nie.




More News
  • Name change comes with new commitment
  • Maar moeilik met diens in middedorp
  • Rooi linte nie vir vandalisme
  • Moenie die naam verander nie
  • We can make a difference
  • Doen julle werk!
  • SMS
  • Peace under the (Linden) trees
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za