Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Waardasies hoog

Waardasies hoog
 
2006-04-06


DIE inwoners van Drakenstein het onlangs kennis ontvang dat hul eiendomme herwaardeer is. Besware moes teen 31 Maart ingedien geword het.

My eiendom se waarde het byna verdubbel sedert die vorige waardasie vyf jaar gelede. Beteken dit my eiendomsbelasting gaan met net soveel verhoog?

Belastingbetaler

Die munisipale woordvoerder reageer: Die vyfjaarlikse waardasies is deur 'n onafhanklike maatskappy gedoen en is gebaseer op markwaarde in Januarie 2004.

Al het jou waardasie verdubbel, sal jou eiendomsbelasting nie in dieselfde verhouding verhoog nie, omdat die sent in die rand waarteen eiendomsbelasting aangeslaan word, op 1 Julie (die begin van die nuwe finansiële jaar) na verwagting afwaarts aangepas sal word.

Die totale verhoogde inkomste uit eiendomsbelasting sal sowat 7,5% wees, dus behoort dit ook die gemiddelde verhoging vir huiseienaars te wees.



More News
  • Name change comes with new commitment
  • Maar moeilik met diens in middedorp
  • Rooi linte nie vir vandalisme
  • Moenie die naam verander nie
  • We can make a difference
  • Doen julle werk!
  • SMS
  • Peace under the (Linden) trees
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za