My simpatie - katte 'n ongewenste spesie
2006-04-06
EK het simpatie met die kattemoordenaar. Katte is ‘n uitheemse pes wat die natuur versteur.
Die “grou-kat”, ‘n inheemse spesie, het uitgesterf as gevolg van inteling deur rondloper huiskatte. Twee katte kan in sewe jaar 'n nageslag van 400 000 oplewer.
Ek het ongeveer 500 inheemse plante in my tuin aangeplant om voëls en inheemse diertjies soos akkedisse terug te lok. Feitlik alle nuutgebore klein voëltjies wat uitbroei, word deur bure se katte opgevreet.
‘n Studie in Brittanje het bevind dat huiskatte tot 14 miljoen inheemse diertjies per jaar dood.
My buurman se kat het al twee koi-visse in my dam gevang ter waarde van R4 000.
In my huis het ek al twee katte van bure gekry wat daar urineer - sulke katte moet minstens reggemaak word, want hulle is ‘n oorlas as hulle rondloop.
Ek glo katte moet ongewens verklaar word soos sekere boomspesies.
Riaan
More
News
|