Minimumloon op plase
2006-04-06
DIE Basiese Diensvoorwaardes vir Plaaswerkers het op 1 Maart in werking getree en die minimumloon is vasgestel op R994 per maand.
’n Maksimum van 20% (R198,80) per huishouding is hiervan aftrekbaar vir kos en akkommodasie (10% vir voedsel en 10% vir akkommodasie).
Dit beteken geen plaaswerker mag minder as R797,20 per maand kontant verdien nie. Die uurlikse loon is R5,10, betaalbaar wanneer vir minder as 45 werksure per week gewerk word.
Die minimumloon verhoog volgende jaar tot R1041 per maand (uurliks R5,34).
Op betaaldag moet die werkgewer aan die plaaswerker ’n staat gee met die werkgewer se naam en adres, die plaaswerker se naam en beroep, die plaaswerker se loon, werkstyd in ure waarvoor betaling gegee word, oortyd, werksure op ’n betaalde vakansiedag en op ’n Sondag, besonderhede van aftrekkings, die werkgewer se werkloosheidfondsversekeringnommer en sy bydrae tot die fonds en die presiese bedrag uitbetaal aan die werker.
Die werkgewer moet ’n afskrif van elke staat vir drie jaar hou.
Meer besonderhede is verkrygbaar by die kantore van die Departement van Arbeid op die hoek van Loop- en Bredastraat in die Paarl.
Vir navrae, skakel 872-2020.
More
News
|