Kylemore keil Standards op
2006-04-06
DIE spelers van Kylemore Rugbyklub het Saterdag ’n welkome terugkeer tot die Westelike Provinsie se Groep 4-liga gemaak toe hulle vir Young Standards 20-6 geklop het.
Die eerste helfte het baie gelykop verloop, met Kylemore wat eerste die voortou neem ná ’n strafskop.
Standards loop egter kort daarna voor danksy ’n strafskop en skepdoel deur Bevin Francis.
Konstruktiewe spel deur Kylemore se agterlyn lei tot hul eerste drie en voorsien hul van ’n rustydtelling van 11-6.
Kylemore bou hierop voort in die tweede helfte en druk nog twee drieë.
Standards II wen 21-5, terwyl die derde spanne gelykop speel.
Saterdag speel Standards weg teen Strand Pioneers. Die bus vertrek om 12:00 vanaf Paarl Polisiestasie.
Die junior spanne speel weg teen Allandale en die bus vertrek om 08:00.
More
News
|