Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Riverstones bo teen Strand

Riverstones bo teen Strand
 
2006-04-06


DIE jong span van Riverstones Rugbyklub het Saterdag in sy eerste wedstryd van die seisoen vir Strand Pioneers 22-16 geklop.

Die wedstryd het teen ’n vinnige pas begin en hoewel die tuisspan se voorspelers die bo-toon gevoer het, het Strand Pioneers teen die verloop van die spel, met rustyd 6-5 voorgeloop.

In die tweede helfte het Riverstones die bal begin wyd speel en met goeie voor- en agterspel ’n verdere drie drieë gedruk, om met ’n bonuspunt te seëvier.

Die tweede span moes egter met 3-0 die knie buig, terwyl Riverstones III ’n maklike vyf punte gekry het, toe die Strand-span laat opgedaag het.

Riverstones speel Saterdag weg teen Eersterivier en die busvervoer vertrek om 11:30 vanaf New Orleans.



More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za