Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Roses blom vroeg

Roses blom vroeg
 
2006-04-06


AL drie spanne van Roses United Rugbyklub het Vrydagaand hul eerste ligawedstryde van die seisoen teen Darling gewen.

Die eerste span het op Pelikaanpark die besoekers met 44-14 (19-6) vermorsel.

Roses het met ’n goeie kombinasie van voor-en agterspel die wedstryd oorheers.

Voorlangs het die vastevyf hul kant gebring, met veral die losvoorspelers, Sebastian Hilpert, Franzel September en Ignatius Korabie wat telkens die oog gevang het.

In die agterlyn het die senter Alrich Muller puik gespeel.

Die wenspan se drieë is gedruk deur Hilpert (2), Korabie, Deon Williams (2, vleuel), Danie Roman (losskakel) en Clement Lewis (plaasvervanger-flank).

Roman was suksesvol met vyf doelskoppe en drie strafdoele.

Roses speel môreaand weg teen Rawsonville. Die bus vertrek om 17:30 vanaf Claasenstraat.



More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za