Albions wen net-net
2006-04-06
’n DRIE in die doodsnikke van hul Groep 1 wedstryd teen Scottsdene United het Saterdag verseker dat Albions hul seisoen op ’n hoë noot kon begin.
Die held was die slot, Roderick Allies, wat in die laaste minute in die hoek oorgeduik het om die telling 18-17 in die Paarliete se guns te maak.
Die drie is bewerkstellig deur die linkervleuel, Elrico Pietersen, wat ook as speler van die wedstryd benoem is.
Scottsdene het die wedstryd teen ’n vinnige pas begin en gou 17-3 voorgeloop.
Albions het egter bygekom en teen rustyd was die telling 17-13 nadat Dominic Daniels twee strafskoppe en ’n doelskop oorgesit en heelagter, Ashley Manuel, gaan druk het.
Allies se drie kort voor die eindfluitjie was die keerpunt vir Albions in ’n baie taai wedstryd.
Albions II en III het 17-7 en 31-7 verloor.
More
News
|