Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Paarl tem Franschhoek

Paarl tem Franschhoek
 
2006-04-06


DIE eerste span van die Paarl Rugbyklub het die seisoen goed begin met 'n 25-15 sege oor Franschhoek.

Die wedstryd was gekenmerk deur harde rugby en die voorspelers het mekaar goed aangevat.

Paarl het egter hulle kanse beter benut en wanneer die bal by die agterlyn uitgekom het, was dit Franschhoek wat alles in die stryd moes werp om die gate toe te stop.

Die telling kon baie meer in die guns van die Paarl gewees het, maar gebrekkige afronding het die aanteken van meer punte gekniehalter.

Paarl se drieë is gedruk deur Terence Valentyn (2), Marco Martin en Eugene Herklaas terwyl Jacques Hendriks met een strafdoel en ’n doelskop geslaag het.

Valentyn is ook aangewys as speler van die wedstryd.
Saterdag speel Paarl tuis op die Faure Straat Stadion teen Noordelikes.



More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za