Drakenstein en armoede: Waar is Valcare na twee jaar?
2005-04-07
DIE Drakenstein gemeenskap en armoede - Valcare ná twee jaar, was die onderwerp van Valcare se onlangse vergadering.
Die voorsitter, dr Eddie Orsmond, het ’n oorsig gegee oor die werksaamhede. Valcare werk in die Drakenstein munisipale area, asook Klapmuts en Franschhoek.
Die fokus is armoede, MIV/Vigs, seksuele geweld, werkloosheid/voedselnood en middelafhanklikheid (soos deur EGO se navorsing geïdentifiseer).
Dr Orsmond het daarop gewys dat hoewel daar na die afgelope twee jaar gekyk word, Valcare ’n veel langer verhaal het, wat in 2000 begin.
Drie sleutelfaktore het ’n belangrike rol gespeel in die verloop: registrasie as trust, aanstel van ’n voltydse skakelbeampte en ’n verfynde fokus van dienste (EGON se navorsing het ’n belangrike rol gespeel om ons rol in die gemeenskap te verstaan).
Hy het ook twee fokuspunte uitgelig in die stryd teen armoede: inligting en netwerke. Valcare se werkswyse is hoofsaaklik dmv ’n databasis, skakeling, byeenkomste en dienslewering.
Dr Orsmond sê Valcare slaag grootliks as daar gekyk word na die visie en die missie. Dit is egter ’n dinamiese speelveld waarin hulle hul bevind.
Hy sê dit is belangrik dat daar ’n voortdurende definiëring van fokus en identifisering van dienste moet wees.
Een van die belangrike insigte waartoe Valcare gekom het, is dat hulle hooffokus nie mobilisering van dienste is nie, maar ondersteunings-inligting, toerusting, versorging en steun, asook bewusmaking.
Die beplanning vir 2005 sluit in werkswinkels, versterking van netwerke, groter integrasie van die gemeenskap en volhoubaarheid.
More
News
|