Pluk blomme in Elgin
2006-04-12
DIE Paarl Tuinbouvereniging besoek Donderdag 4 Mei ’n tuin met plukblomme in Elgin.
Die dag by Linda Keevy begin met melktert en tee, waarna die gasvrou die besoekers van plukblomme sal vertel en deur haar pragtuin begelei.
Tuinboulede en belangstellendes ontmoet om 08:00 by die Protea parkeerarea om met saamrygeleenthede te vertrek. Linda ontvang die besoekers om 09:30 by Elgin.
Koste vir die uitstappie is R180. Bespreek by Suzette Plekker (863-2446).
More
News
|