Paaskonferensie
2006-04-12
DIE Węreld Pinkster Sendingkerk, in samewerking met ander kerke, hou hul Paaskonferensie van môre tot Sondag in die Colibri-saal, Wellington.
Die tye is môre van 10:00 tot 13:00 en weer van 18:00 tot 20:00.
Saterdag van 14:00 tot 17:00 is daar ’n “moeder rally” en die aand om 19:00 is daar ’n sang- en musiekaand. Toegang hier is R5 (kinders R2).
Sondag is die byeenkoms van 10:00 tot 13:00 en van 14:00 tot 17:00. Dit is ook die ordonnansiediens en alle pastore word versoek om hul togas saam te bring. Alle kerke is welkom.
Navrae by apostel Joseph Adams, 072-537-9236.
More
News
|