Christusfees op Wellington
2006-04-12
DIE Wellington Christusfees vind tot Sondag plaas en ’n vol program word deur die verskillende kerke beplan.
Vanaand om 19:30 word die Paas-Kantata in die stadsaal aangebied deur VGK Bergrivier.
Môre om 10:00 word voedselpakkies by die AME Kerksaal uitgedeel en om 19:00 is die Paasspele by die NG Kerk Wellington-Noord.
Sondag word om 07:00 begin met ’n opstandingsbiduur in die Champagnestraat Begraafplaas.
Om 16:00 vind ’n lof- en aanbiddingsdiens plaas in die Boland Stadion, met Jan de Wet wat van 17:00 optree. Om 18:00 lei aartsdeken Andrew Wyngaardt die feesdiens.
Die afsluiting van die fees is om 19:00 in die Flappie Lochnersaal.
More
News
|