Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Baie medaljes vir Boland

Baie medaljes vir Boland
 
2006-04-12


DIE 31 medaljes wat die Boland-span die naweek by die SA Jeug en Junior Kampioenskappe in Pretoria verower het, is die meeste wat nog ooit deur die provinsie behaal is.

Dit was ook die grootste Boland-span (76 atlete) wat al aan dié byeenkoms deelgeneem het.

Die Bolanders het 12 goud, 10 silwer en nege bronsmedaljes ingepalm.

Reeds met die heel eerste item van die dag het Jo-Ann Williams van Paarl goud gewen in die 5000m stap vir meisies 17 jaar en die standaard daar gestel vir die res van die Boland-span.

Deur die loop van die eerste dag van die kampioenskappe het Boland ’n verdere 15 medaljes ingepalm.

Die kroon was gespan op die prestasies van die eerste dag toe Dayne le Kay (Labori) die 100m vir o.19 seuns in ’n skitterende tyd van 10,54s gewen het.

Die wedloop het die skare op hul voete gehad toe Le Kay vir Duncan McLean, die 2005 SA kampioen, in ’n kop aan kop stryd met ’n aanskoulike eindpoging op die wenpaal geklop het.

Die tweede dag het ook met ’n goue medalje vir die Boland afgeskop toe Liné Barnard van Paarl die gewigstoot vir meisies o.17 met ’n afstand van 12,75m gewen het.

’n Verdere 16 medaljes is by die Boland se totaal gevoeg.

Die Boland het vir die grootste gedeelte van die kampioenskappe bo-aan die medaljetellinglys gepronk, voordat die atlete van Sentraal-Gauteng hul sake deurmekaar gekrap het.

Dié provinsie het die afgelope paar jaar jaarliks 30 medaljes meer verower as enige ander provinsie in die land en was feitlik in ’n onaantasbare posisie in Suid-Afrikaanse Atletiek.

Volgens Richard Stander, hoof-uitvoerende beampte van Boland Atletiek, het die Boland Atletiekraad drie jaar terug reeds versoek dat die standaard van Boland Atletiek verhoog moet word.

In antwoord hierop is ’n intensiewe ontwikkelingsprogram in plek gestel en die afgelope drie jaar nagevolg.

“Die sukses van die Boland-span tydens die afgelope SA Jeug en Junior Kampioenskappe is ’n bewys dat dié ontwikkelingsprogram suksesvol was en die Boland nou met reg beskou kan word as ’n krag in Suid-Afrikaanse Atletiek,” het Stander gesê.

In die proses het agt Boland-rekords in die slag gebly, danksy uitstekende vertonings deur Wilhelm van der Vyver (100m s.17 10,58s en 200m 20,71s), Wenda Theron (100m m.19 11,88s), Cornel Fredericks (400mH s.17 51,58s), Keenan Watson (verspring s.19 7,74m), Victor Hogan (diskusgooi s.17 56,80m), Heinrich Gonzales (hammergooi s.19 61,02m) en Robert Oosthuizen (spiesgooi s.19 76,20m).

Bolander presteer beste

Die beste prestasie van die byeenkoms is ook gelewer deur ’n Bolander.

Wilhelm van der Vyver van Paul Roos Gimnasium het drie goue medaljes met wêreldklas tye gewen in die 100m, 200m en as deel van die 100mx4 s.17 aflos-span.

Medaljewenners: (goud) Wilhelm van der Vyver (100m s.17 10,58s en 200m S/17 20,91s), Dayne le Kay (100m s.19 10,54s), Cornel Fredericks (400mH s.17 51,58s), Nicola Loots (paalspring m.17 3,30m), Keenan Watson (verspring s.19 7,74m), Liné Barnard (gewigstoot m.17 12,75m), Victor Hogan (diskusgooi s.17 56,80m), Robert Oosthuizen (spiesgooi s.19 76,20m), 4x100m Aflos s.17 41,85s, 4x100m Aflos m.19 47,22s), Jo-Ann Williams 5000mS m.17 29:06,80). (silwer) Wenda Theron (100m m.19 11,88s en 200m 24,12s), Marike Walters (100mH m.19 14,28s), Louw Smit (110mH s.19 14,01s), Bevan Hendon (hs s.19 2,05m), Janita Stander (ps m.17 3,20m), Francois Germishuys (PS s.17 4,70m), Karin le Roux (HG m.19 46,79m), Heinrich Gonzales (HG s.19 61,02m), Lorenzo Blaauw (10000mS s.17 53:04,20). (brons) Cornel Fredericks (110mH s.17 13,97s), Janine Visser (400mH m.19 62,39s), Gerhard du Plessis (PS s.19 4,20m), Talita Lombaard (ps m.19 3,25m), Maurelia Maart (ds m.17 11,27m), Fernie Kitshoff (sg s.19 66,84m), Jason September (10 000mS s.17 53:13,40), 4x100m Aflos s.19 41,86s.




More News
  • Gasheer vir stoei
  • Show-jumping inter-schools at Evergreen
  • Met 'n groot glimlag vorentoe
  • Wiese uit sy nate oor oorsese toer
  • Boishaai gesels saam met grotes
  • Paarl Juniors hit five
  • Sixteen teams in soccer tournament
  • Alexa skrik nie vir 300 doele nie
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za