Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Landdros maande sonder salaris

Landdros maande sonder salaris
 
2006-04-12


DIE verhoor van drie sake in die Paarlse hof vir seksuele misdrywe sal nie voortgaan voordat die landdros sewe maande se agterstallige salaris betaal word nie.

Landdros Johan Beyers was die voorsittende beampte van die sekshof totdat hy vyf jaar gelede op ’n kontrakbasis deur die departement van justisie aangestel is. Sy kontrak is verlede jaar Maart beëindig.

Hy moet steeds van sy woning in die Strand ry om sy deelsverhoorde sake klaar te maak, maar ten spyte van beloftes, het hy sedertdien slegs in September verlede jaar twee maande se agterstallige salarisse bekom.

Een van die sake, waarin daar hierdie week uitspraak gegee kon word, is die saak teen Isaac Cedra (41), die sogenaamde “station stalker” van Ocean View.

Hy verskyn op drie aanklagte van verkragting, 18 vir onsedelike aanranding, 17 vir ontvoering, 17 vir die besit van ongelisensieerde vuurwapens, twee vir die rig van ’n vuurwapen en een van poging tot roof - alles in 1994 en 1995 by stasies in die Skiereiland.

Dié saak het reeds ’n tweede keer van nuuts af begin, met getuies en klaers wat ’n tweede keer moes getuig, omdat die oorspronklike landdros, Piet Theron van Wynberg, vermoor is.

“Ek sal geen uitspraak lewer totdat ek betaal is nie,” het landdros Beyers gesê.

Sy prokureur het in Januarie ’n aanmaning aan die departement van justisie gerig, maar daar is tot vandaggeen terugvoering ontvang nie.

Die departement het intussen op navraag van die Wes-Kaapse streekhofpresident bevestig dat hulle “kennis dra” van die situasie en dat hulle “in die proses is om betaling te bewerkstellig”, het die beheeraanklaer van die hof vir seksuele misdrywe, Anita Potgieter, gesê.

In die twee ander verkragtingsake wat vertraag word omdat die landdros nie betaling ontvang nie, het die vroue- en kinderslagoffers uit twee Bolandse dorpe reeds deur die trauma van getuienislewering gegaan.

“Dit is ’n ernstige situasie indien die sake weer van voor af sal moet begin,” het Potgieter gesê.

Landdros Patrick Ross, waarnemende landdros, is ontstoke oor die behandeling wat Beyers kry: “Dit is verregaande,” het hy gesê.

Ross wag ook al maande op uitsluitsel nadat die aansoeke vir die pos as landdros in die hof vir seksuele misdrywe, gesluit het.

* Three rape cases will not continue in the Paarl court for sexual offences unless the magistrate receives seven months’ outstanding remuneration.



More News
  • Musikant sterf na perdry-tragedie
  • Land-grab chaos in Mbekweni
  • Hawelose-probleem in Paarl aangepak
  • Man in die knyp oor dwelms
  • Sparks fly at Working for Water
  • Delegation to tackle housing problems
  • Diewe takel Wellington besighede
  • Misdadigers sit lank
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za