Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Dief op heterdaad betrap

Dief op heterdaad betrap
 
2006-04-12


DIE polisie het tydens ’n roetine-patrollie ’n vermeende dief op heterdaad betrap terwyl hy ’n motor probeer steel het.

Lede van die polisie het Saterdag langs die Hoofstraat in Suider-Paarl gery toe hulle ’n verdagte voertuig langs die pad sien staan het.

Daar was niemand daarin nie, maar die vensters was oop.

Hulle het gaan ondersoek instel, en toe hulle binne-in die motor kyk, het hulle ’n man onder die paneelbord gesien wat met die bedrading van die motor gevroetel het. Hy was waarskynlik besig om die enjin aan die gang te probeer kry.

Die polisie het die eienaar van die voertuig geskakel, wat onbewus was daarvan dat die motor gesteel is.

Die geel VW Golf is eers vanuit die oprit van ’n huis in Hoofstraat gestoot vir sowat 300m, voordat die vermeende dief die enjin probeer aanskakel het.

André Plaatjies van Paarl-Oos het Maandag in die Landdroshof verskyn in verband met die voorval.



More News
  • Musikant sterf na perdry-tragedie
  • Land-grab chaos in Mbekweni
  • Hawelose-probleem in Paarl aangepak
  • Man in die knyp oor dwelms
  • Sparks fly at Working for Water
  • Delegation to tackle housing problems
  • Diewe takel Wellington besighede
  • Misdadigers sit lank
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za