Skoot in wingerd
2006-04-12
’n BOER van Klein Drakenstein het in die Paarl landdroshof verskyn nadat ’n man twee weke gelede in ’n wingerd op sy plaas raakgeskiet is.
Simon van Wyk (24) van Leliefontein het nadat die .22 skoot in die skemer vir Heinrich Adams (19) in die knie getref het, hom na die hospitaal gehaas.
Volgens Adams se verklaring wou die boer seker maak dat hy goeie behandeling vir die wond in sy been ontvang. Adams, van die buurplaas Rosendal, wou glo later die saak terugtrek.
Die direkteur vir openbare vervolging sal beslis of daar met die klagte van poging tot moord voortgegaan word, al dan nie.
Van Wyk is op borgtog van R1000 vrygelaat. ’n Klag van diefstal van vrugte is intussen teen Adams gelê.
More
News
|