Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Jong man angstig ná dolkdood

Jong man angstig ná dolkdood
 
2006-04-12


DIE jong man wat aangehou word in verband met die moord op ’n 53-jarige straatwerker, Clifford Norval (22), het Dinsdag weer in die Paarl Landdroshof verskyn.

Norval word daarvan verdink dat hy Ellenor Leander verlede Saterdag 19 keer met ’n groot dolk doodgesteek het.

Daarna is haar liggaam tot in Aurorastraat gesleep, waar ’n voetganger Sondagoggend op die lyk afgekom het.

Norval was by sy verskyning netjies geklee in ’n donkerblou langbroek en ’n ligblou sweetpak-top, met die woorde ‘Dammit’ op die mou.

Anders as verlede week, het Norval skoene aangehad tydens sy hofverskyning.

Hy het angstig voorgekom en net een keer sy oë na die besoekersbanke gedraai.

Die besoekersbanke was stampvol van Ellenor se verslae familie en vriende wat vir die eerste keer hul oë op die vermeende moordenaar gerig het.

Sy aanneemouers, George en Amanda Norval, was nie teenwoordig nie.

Ná die verrigtinge het Ellenor se snikkende dogter, Andreline Nell, gesê dat Norval geen borgtog moet geniet nie en dat hy agter tralies moet bly.

“As ek hom in die hande kry, sal daar niks van hom oorbly nie.”
Die saak is uitgestel tot 19 April vir borgaansoek.

* A young Paarlite has appeared in court on a charge of murder after a woman was stabbed 19 times.



More News
  • Musikant sterf na perdry-tragedie
  • Land-grab chaos in Mbekweni
  • Hawelose-probleem in Paarl aangepak
  • Man in die knyp oor dwelms
  • Sparks fly at Working for Water
  • Delegation to tackle housing problems
  • Diewe takel Wellington besighede
  • Misdadigers sit lank
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za