Albions struikel teen Strand
2006-04-12
DIE manne van Albions Rugbyklub se stamina het Saterdag net-net te vroeg opgeraak en hulle die wedstryd teen Strand United gekos.
Die besoekers het op Daljosafat Stadion 30-25 koning gekraai. Albions het eerste punte aangeteken in dié hoë tempo wedstryd, toe Lincoln du Preez (senter) gaan druk.
Strand United antwoord met twee drieë, ’n doelskop en strafdoel.
Die rustydtelling is 15-15 nadat Albions se Dominic Daniels ’n doelskop en strafdoel bygevoeg en nadat Ju-Wayne Cyster ook ’n drie druk.
In die tweede helfte het Albions weer die voorsprong geneem toe Cyster vir Gamain Poggenpoel weggestuur het doellyn toe.
Daniels slaag met die doelskop om die telling 22-15 te maak.
Hoewel Daniels suksesvol was met nog ’n strafskop, het Strand United beter rugby gespeel en is hulle met ’n verdere twee drieë beloon. Die doelskop en ’n strafskop het die wedstryd in hul guns beklink.
Die tweede span het 9-8 verloor terwyl die derde span 17-7 gewen het.
More
News
|