Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Fietsryers maak reg vir Boland kampioenskap

Fietsryers maak reg vir Boland kampioenskap
 
2006-04-12


DIE beste fietsry-talent in die provinsie sal vandag na vore tree wanneer die Boland Baanfietsry Kampioenskap vanaand in die Paarl afskop.

Die byeenkoms wat vanaand om 18:00 by die Faurestraat Stadion begin, sal oor twee dae gehou word en sal Saterdag om 12:00 hervat word.

Boland-kampioene sal in verskeie wedrenne in die o.12, o.14, o.16, vroue, veterane, juniors en Elite afdelings aangewys word.

Ryers sal vanaand vanaf 16:30 kan inskryf teen R30 (o.12, o.14 en o.16) en R40 (juniors, veterane en elite). Toegang vir toeskouers is R5.

Toeskouers kan uitsien na aanskoulike fietsry aangesien baie van dié ryers ook druk besig is om voor te berei vir die Nasionale
Baankampioenskap wat van 27 tot 29 April in Durban gehou word.

Die nasionale ryer, Durwin Benjamin, wat SA in baanfietsry verteenwoordig het tydens die onlangse Statebond Spele in Australië, sal ook in aksie wees.

Die twee top meisie-fietsryers, Magdalene Nicholson en Natasha
Marang, is onlangs in ’n nasionale oefengroep opgeneem met die doel om hulle voortaan vir Suid-Afrika in internasionale wedrenne te laat ry.

As deel van hul oefenprogram het dié ryers reeds toetse afgelê by die sportsentrum van die Universiteit van Stellenbosch en hul vordering sal deurlopend gemonitor word.

Persone of besighede wat die Bolandspan wil help met ’n bydrae vir vervoer en akkommodasie na die SA Baankampioenskap in Durban kan Ian Goetham skakel by 083-949-4501.



More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za