Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Hillcrest hou Paas-toernooi

Hillcrest hou Paas-toernooi
 
2006-04-12


DIE Hillcrest United Rugbyklub bied tydens die Paasnaweek een van die Suid-Afrikaanse Rugby Unie se streekstoernooie aan.

Die toernooi skop môre af met die amptelike opening wat van 16:00 tot 18:00 by Hoërskool Bergrivier sal plaasvind.

Die aksie verskuif daarna na Pelikaanpark waar die junior en Ou Krokke spanne sal speel. Vermaak en stalletjies is ook gereël vir die aand.

Die volgende dag se verrigtinge skop af met ’n optog vanaf die Bergrivier Sekondęr koshuis, met begeleiding deur die plaaslike klopse-troepe.

Saterdag se program op Pelikaan Park is (10:00) Evergreens (Cradock) t Evergreens (Paarl), (11:30) United (Oos-Londen) t Newtons (Wellington), (13:00) Brumbies (King Williams Town) t Hillcrest United (Wellington), (14:30) Watsonias (Athlone) t Black Vultures (Mbekweni).

Toegang is R10 (R3 vir kinders) en R5 vir motors.

Die halfeindstryd van die bekerkompetisie asook die plaat- en bekereindstryd sal Sondag gespeel word.

Navrae: Denzil Domoney (083-952-8306) en Andrew Hendricks (073-893-6645).



More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za