Unie wil rugby uitbou
2006-04-12
DIE Paarl Junior Rugby Unie wil vanjaar hard werk aan die bevordering van rugby.
Die unie is in 1999 gestig en bestaan tans uit 11 klubs wat in drie ouderdomsgroepe - o.12, o.14 en o.16 - teen mekaar meeding.
Sommige klubs beskik ook oor o.16, o.10 en o.8 spanne.
Die junior unie probeer so speelkans bied vir spelers wat nie by die skool in die rugbyspan opgeneem word nie en ook skole wat nie op Saterdae rugbywedstryde speel nie.
Die Unie is nie by die WP Rugby Unie geaffilieer nie (hoewel senior klubs onder WP speel) en sy spelers kom dus nie in aanmerking vir byvoorbeeld WP skole-spanne nie.
Dit is egter ’n moontlikheid wat nie uitgesluit is vir die toekoms nie, sê die klub se woordvoerder, Kevin Benjamin.
“Ons as unie-bestuur wil vanjaar ’n groot poging aanwend om junior rugby op ’n gesonde grondslag aan die Paarl gemeenskap te bied.
“Ons beoog om later vanjaar ’n gekombineerde junior span uit van die Paarlse klubs te kies wat teen ander klubs/skole kan speel,” sê Ivan Jacobs, voorsitter van die PJRU.
More
News
|