Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


HJS se jonges lyk belowend

HJS se jonges lyk belowend
 
2006-04-12


TE oordeel aan die vertoning wat die Hoër Jongenskool se junior spanne tydens die afgelope o.16 en o.15 toernooi gelewer het, sal dié skool oor ’n paar jaar met ’n kragtige eerste span spog.

HJS se o.16A-rugbyspan het al drie sy wedstryde tydens Paarl Gimnasium se jaarlikse o.16 rugbytoernooi gewen.

HJS se eerste wedstryd was teen die sterk span Monument van Krugersdorp.

Dié wedstryd was deurentyd baie gelykop, maar HJS slaag daarin om die spannende wedstryd 17-16 te wen.

Die Boishaaiers se tweede wedstryd was teen EG Jansen en die Paarliete wen ook dié wedstryd 17-6.

HJS se laaste wedstryd was teen HTS Middelburg en die Paarl-span wen dié kragmeting oortuigend 35-16, om so die toernooi onoorwonne af te sluit.

* Tydens HJS se eie o.15 rugbytoernooi het die gasheerspan twee uit sy drie wedstryde gewen.

HJS het teen Menlopark (6-3) en Glenwood (3-0) geseëvier, maar ’n
groot drag slae teen Monument (35-0) gekry.

Paarl Gimnasium het vir Glenwood (10-3) en Noord-Kaap (19-14) geklop en 8-8 gelykop gespeel teen Monument.

Boland Landbou het die toernooi onoorwonne afgesluit danksy seges oor Monument (12-7), Punt (24-8) en Duineveld (22-0).

Die Fidentia Boland Uitnodigingspan het ook aldrie sy wedstryde teen Noord Kaap (20-5), Menlopark (8-0) en Dinamika (47-0) gewen.



More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za