Matthysen is weer onkeerbaar
2006-04-12
DIE Paarliet Rčniell Matthysen het vanjaar weer skoonskip gemaak op die Westelike Provinsie Baanfietsry-kampioenskap.
Matthysen het soos verlede jaar, waar hy goud verower het in elkeen van die wedrenne waaraan hy deelgeneem het, ses uit ses goue medaljes ingepalm.
Die ander ryers in die junior-afdeling kon nie vir Matthysen in toom hou nie en hy was eerste oor die wenstreep in die 1000m Naelry, 1000m Tydtoets, 3000m Individuele Enkelagtervolging, 1500m, 15km Puntewedren en 15km wedren.
Hy was ook deel van die drieman-span wat goud verower het in die Olimpiese Naelry-wedren.
Marius Bester het in dieselfde afdeling drie silwer en twee bronsmedaljes ingepalm.
Dawie du Toit het vier goue medaljes verower in die Veterane (oor 50 jaar) afdeling. Aldrie ryers is in die WP-span opgeneem wat van 27 tot 29 April in Durban aan die SA Baankampioenskap gaan deelneem.
More
News
|