Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Paarl Rugby lyk gesond

Paarl Rugby lyk gesond
 
2006-04-12


DIE eerste span van Paarl Rugbyklub het Saterdag deeglik met die nuweling in Divisie 1, Noordelikes, afgereken.

Die span van Elsiesrivier is verlede seisoen van Divisie 2 af bevorder en het omtrent ’n warm ontvangs in die Paarl gekry.

Hulle is met 41-13 ’n groot rugbyles geleer deur die tuisspan.

Paarl het binne die eerste vyf minute gaan druk en dit was gou duidelik dat dit ’n lang 80 minute vir die besoekers gaan wees.

Die Paarliete se spel is gekenmerk deur goeie dryfspel en die agttal het ook in die vaste skrums hul stempel behoorlik afgedruk.

Noordelikes was soms vir meters teruggestoot en dit het Paarl van heelwat goeie balbesit voorsien.

Die pak het goed as ’n eenheid saamgespeel en die basis van gedissiplineerde spel doeltreffend gehandhaaf.

Hoewel dit moeilik is om name uit te sonder, het die lostrio Hannes Douglas, Strafford Geldenhuys en agsteman Lionel Hugo beïndruk.

Soos in die vorige wedstryde was Paarl se agterlyn gevaarlik op die aanval en het hulle voortdurend die wedstryd na die opponente se halfgebied verplaas.

Die agterlyn se penetrasievermoë word duidelik geïllustreer aan die hand van die ses drieë wat hulle ingeryg het.

Die driedrukkers was Marco Martin (2), Eugene Herklaas, Terence Valentyn, Ernie Pietersen, Strafford Geldenhuys en Jacques
Hendricks. Hendricks het ook met drie doelskoppe geslaag.

Paarl se tweede span het Noordelikes 12-6 geklop, terwyl die derde span ook hul teenstanders 43-0 vermorsel het. Die Paarl se o.20-span het jongklomp van Kuilsrivier Rugbyklub met 14-0 geklop.



More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za