Juniors kan van kushengel leer
2006-04-20
IN ‘n poging om kushengel onder die jongklomp te bevorder, hou die Paarl Kushengelklub eersdaags ‘n werkswinkel in die Paarl.
Gesoute kushengelaars sal op Saterdag 13 Mei om 14:00 ‘n werkswinkel by die rugbyklubhuis van Laerskool Noord-Eind aanbied.
Verskeie senior Protea-hengelaars sal by die werkwinkel optree en sal daar interessante aanbiedings, video’s en praktiese werksessies wees waar belangstellendes die opwindende nuwe wêreld van Kushengel kan betree.
Vir meer inligting, skakel die klub se ondervoorsitter, Morné Esterhuizen, by 083-290-6740.
More
News
|