Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Inbreker laat visitekaartjie

Inbreker laat visitekaartjie
 
2006-04-20


’n INBREKER het ’n visitekaartjie gelaat in Denneburg - ’n stink T-hemp en drafskoene.

Inwoners van ’n huis in Hofmeyrstraat was onlangs skaars ’n uur uithuisig. Met hul terugkoms was die veiligheidstralies by die hoofslaapkamer oopgebuig en die huis in ’n warboel.

Die inbreker het nie net elke kas en laai uitgegooi nie, maar sy klere uitgetrek en homself in die badkamer met ’n spierwit lappie afgewas.
Al die huisbaas se blou gestreepte en geruite hemde is weggedra.

So ook sy nommer 36 blou jeans. Die huismoeder se wit nommer 7 Green Cross drafskoene het in die slag gebly.

Hul dogter se Adidas T-hempies en ’n leerjassie is skoonveld. Die juwelierskissies is omgedop en al die goue juweliersware het spore gekry.

Die huismense, wat onlangs van ’n plaas in Klein Drakenstein na Denneburg getrek het, het ook die laaste van hul KWV kwota, drie bottels brandewyn, verloor.

Hul dogter, ’n student op Stellenbosch, het gekom om te help om die huis aan die kant te maak, die vloere te was en te ontsmet.

“Maar die reuk het in haar slaapkamer bly hang. Elke keer as ek daar ingaan, het ek maar weer so ietsie gespuit in die lug,” het haar ma vertel.

Die huishulp soek toe agter haar neus aan en siedaar: onder die bedbasis, wat plat op die mat staan, kry sy ’n opgerolde T-hemp en ’n paar stink drafskoene!

“Ons boerboel vroetel so ons tuin deurmekaar, dat ons hom nie voor die slaapkamervenster laat kom het nie,” het die inwoners vertel.
“Nou patrolleer die hond die hele erf. Die tuin moet nou maar eerder deurloop as die huis.”

Volgens kapt John Adams van die Paarl speurtak word ondersoek ingestel na ’n vlaag inbrake in Denneburg. Skakel hom met inligting by 807-4000.

* A burglar left his visiting card in Denneburg - a pair of smelly shoes and a T-shirt.



More News
  • Musikant sterf na perdry-tragedie
  • Land-grab chaos in Mbekweni
  • Hawelose-probleem in Paarl aangepak
  • Man in die knyp oor dwelms
  • Sparks fly at Working for Water
  • Delegation to tackle housing problems
  • Diewe takel Wellington besighede
  • Misdadigers sit lank
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za