Beste vrouewynmaker gesoek
2006-04-20
DIE jaarlikse soektog na die land se top vrouewynmaker is weer goed op dreef, met die kompetisie wat vanjaar heelwat later sluit, naamlik op 7 Julie.
Dit is gedoen met die doel om wynmakers die geleentheid te gee om hul 2006 oes in die bottels te kry, en dan dié wyne wat besonder goed lyk, te kan inskryf.
Die groot prys in hierdie jaarlikse kompetisie van Landbouweekblad is ‘n week in die Franse wynstreek van Bordeaux, waar die wenner geleentheid kry om wynkelders te besoek wat dikwels ontoeganklik is vir die publiek.
Die kompetisie is oop vir alle Suid-Afrikaanse vroue wat wynmakers is in eie reg (inskrywingsvorms en meer inligting is op die webwerf www. sawinewoman.co.za).
Inskrywingsgeld is R280 en die beoordelaars benodig vier bottels wyn van elke wyn wat ingeskryf word. Die wenner sal aangekondig word tydens ‘n funksie op Donderdag 20 Julie by Spier op Stellenbosch.
More
News
|