Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Nuwe galery open deure

Nuwe galery open deure
 
2006-04-20


DIT was ’n vrolike affêre toe die Oranje Meul Kunsgalery onlangs sy mooi houtdeure in die Paarl oopgemaak het.

Kuns lê die eienaars, Liz Kruger en Alla le Roux, ná aan die hart.
Albei is baie kreatief en die vestiging van die galery in hulle huis was ’n logiese verlengstuk van hul liefde vir die mooie.

Met die opening is op plaaslike kunstenaars gekonsentreer: skilderwerk van onder andere Nana Vorster-Bakkes, Glen Cox, Jeffrey Appollis, Iwan Labuschagne en Tilly van Huyssteen is te sien, asook keramiekwerk deur Tanya Golding, Nico Liebenberg en Debbie de Beer.

Nanette Ranger en Alla le Roux se besondere beeldhouwerk en Christall Goose Ateljee se fyn glaswerk is ook te sien.

’n Groot hoeveelheid van die werke is op die openingsaand verkoop.

“Die Paarl is ’n kookpot van talent, en die publiek het ’n behoefte aan bekostigbare kuns,” sê Liz.

Kunswerke gaan gereeld roteer en op die oomblik is skilderye van Sanlam-pryswenner Jeanne Hendriks, asook werke deur Obert Jongwe van Zimbabwe, te sien.

Oranje Meul Kunsgalery is te Meulstraat 28 (agter Kleingim) en is Maandae tot Vrydae oop van 09:30 tot 18:00 en Saterdae van 10:00 tot 12:00.

Navrae kan gerig word aan Alla (082-448-3123) of Liz (083-268-2350).



More News

 
    [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za