Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Cederberg Kunstefees laat rooibosstreek sidder

Cederberg Kunstefees laat rooibosstreek sidder
 
2006-04-20


DIE Cederberg Kunstefees, wat van 27 tot 30 April op Clanwilliam plaasvind, se musiekprogram is propvol groot name wat feesgangers sal laat bossies gaan.

In die vermaaklikheidstent tree bekendes soos Kurt Darren, Eden, Nic Stevens, Christo en Cobus Snyman, Jacques Terreblanche, Zamar, Nazneen, Ezra en sy band, Abel Kraamsaal en sy band, asook Delta Blue op.

Die bekende Alexa Strachan is te sien in Haar Hare, ’n skreeusnaakse musiekkomedie waarvoor ouerbegeleiding aanbeveel word.

Lulu die hairdresser het ge-upgrade na Pretoria-Oos. Haar nuwe salon maak netnou oop, en die kliënte is op pad.

Daar is ’n blond wat haarself sommer in die lewe van sofistikasie, glamour en glitz ingetrou het, daar is ’n bitchy rooikop, en ’n misterieuse donkerkop.

Ander akteurs is Lindie Stander (aanbieder van Kwêla) as die haarkapster, Bertha le Roux (Emma van 7de Laan), Karen Wessels (van CuttGlass en Casper Rasper-faam) en Nico Dreyer as die kliënte.

Haar Hare word Saterdag 29 April om 12:00 in die Clanwilliam Senior Sekondêre Skoolsaal aangebied.

Vir verdere feesbesonderhede en besprekings, skakel (027) 482-1090 of besoek www.cederbergfees.co.za.



More News

 
    [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za