Ysterasters in die Eikestad
2006-04-20
DIE toneelstuk Ysterasters word môre en Saterdag vir ’n laaste maal op Stellenbosch opgevoer in die Klein Libertas Teater nadat dit die beste verkoper was by die Woordfees.
Ysterasters verplaas die Amerikaanse toneelstuk Steel Magnolias na ’n Vrystaatse milieu.
Die landskap van vriendskap tussen vroue is meesterlik uitgebeeld in Steel Magnolias, Robert Harling se komedie-drama met Julia Roberts en Shirley MacLaine.
Ysterasters speel af op Phillipolis, waar ses vroue gereeld in ’n skoonheidsalon bymekaarkom. Hier word hulle alledaagse lewens tussen die geselsery, die geskinder en die raadgee met humor bekyk.
Die geselskap bestaan uit ’n groep aktrises net so dinamies as die karakters wat hulle vertolk; Elsabé Daneel, Ilse Schmidt, Martelize Kolver, Petro van den Heever, Hilda van Lill en Christine Wessels. Die bekende en bekroonde regisseur, Juanita Swanepoel, behartig die regie.
Kaartjies is R55. Vir besprekings, skakel Jana by 083-785-1539.
More
News
|