Kurt Darren in Paarl
2006-04-20
DIE bekende Kurt Darren tree op Saterdag 28 April om 19:00 in die SAPD Ouditorium in die Paarl op.
Darren is ’n sanger en kunstenaar wat sedert 1990 baie gewildheid verwerf het.
Kurt het ’n ster geword met sy nommer een treffer, “Meisie-Meisie”.
Dit is gevolg deur ’n string ander treffers, soos “Sę net ja”, “Loslappie” en “Hemel op Tafelberg”.
Kurt se vertoning is energiek en hy het beroemd geword vir sy unieke danspassies.
Kaartjies vir die Paarl vertoning, is beskikbaar by Elsabé, tel 082-775-6808 of 988-4478.
* Vyf gelukkige lesers van die Paarl Post kan elk ’n dubbelkaartjie wen vir die konsert.
Faks net die antwoord op die volgende vraag na 987-0810, voor Donderdag 27 April: Wat is die naam van Darren se eerste treffer?
More
News
|