Kuier met Laurinda
2006-04-20
DIE bekende Paarlse kunstenaar Laurinda Hofmeyr tree Saterdag om 20:00 in Noorder-Agter-Paarl by Waterpoel op.
Sy word begelei deur haar vriend en meesterlike baskitaarspeler, Schalk Joubert.
Laurinda toonset graag gedigte en slaag daarin om op gevoelvolle manier die woorde vry te stel en te reïnkarneer in ’n tweede dimensie.
Bekende gedigte kry ’n ‘nuwe siel’ en die gehoor ervaar die dubbele plesier van woord en klank.
Kom bederf jou sintuie met ’n show oor die jaar se tye, ‘Sy soen seisoen’.
Die vertrekpunt van al Laurinda se musiek is gedigte.
Die eerlike en sielvolle vertolkings spreek tot poësie liefhebbers asook rock-en-rollers.
Kaartjies is R100 per kop, pikkos ingesluit. Drank beskikbaar.
Bespreek ’n tafel by Trudy Oosthuizen, 082-896-9863.
More
News
|