Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Doelbal-werkswinkel vir visueel-gestremdes

Doelbal-werkswinkel vir visueel-gestremdes
 
2006-04-20


DOELBALSPELERS geniet dit om toeskouers by hul kompetisies te hê, solank as die toeskouers stil is tydens die spel!

Hierdie paralimpiese spansport vir persone met visuele gestremdes is die enigste spansport wat op hierdie vlak bedryf word.

Die nuutgestigte Sportsentrum vir persone met gestremdhede aan die Universiteit van Stellenbosch bied Saterdag ’n werkswinkel aan vir almal wat belang stel in doelbal.

Alle belangstellendes moet om 09:00 aanmeld by die Departement Sportwetenskap (Coetzenburg) en die werkswinkel duur tot 13:00.

Hierdie is ’n praktiese werkswinkel waar deelnemers die basiese vaardighede geleer sal word.

Blinde en swaksiende deelnemers (mans en vroue) kwalifiseer vir deelname en ’n span bestaan uit drie spelers op die baan en drie op die bank (plaasvervangers).

Om die spel “gelyk” te maak, word spelers se oë toegemaak (ski-brille met swart lense).

Die doel van die spel is om ’n bal (die grootte van ’n basketbal) met ’n klokkie in, verby die opponente te kry sodat dit in die 9m wye doelhok, wat die breedte van die baan beslaan, beland.

Navrae kan gerig word aan Corné Rossouw by 808-4733, e-pos: cr@sun.ac.za of faks 808-4817 (aandag C Rossouw).



More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za