Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Basketbal floreer in Paarl

Basketbal floreer in Paarl
 
2006-04-20


DIE Paarl lewer al vir ’n geruime tyd talentvolle basketbalspelers op en dit blyk dié dorp is voorwaar ’n teelaarde vir dié sport.

Drie Paarliete, Jade Abrahams, Alicia Fortuin en Stacey du Plessis, was deel van die Suid-Afrikaanse o.18 meisie-span wat onlangs aan die Pasifiese Skole-toernooi in Melbourne, Australië, deelgeneem het.

Die Suid-Afrikaners het onder die omstandighede goed gevaar en met Fidji asook ’n streekspan van Kanada afgereken.

“Dit was egter duidelik dat lande soos Australië heelwat verder ontwikkel is as dit by dié kode kom,” het die SA-afrigter, Gerald Fortuin, gesê.

Op eie bodem het spelers van die Wes-Kaap ook sukses behaal.

Die Wes-Kaapse o.13 seunspan met ses Boland-spelers in, het eerste geëindig by die Nasionale Somerbyeenkoms in Gauteng, terwyl die meisiespan (ook met ses Bolanders in) ’n derde plek behaal het.

Die plaaslike basketballiga vir skole begin op 24 April, met Paulus Joubert, New Orleans, Charleston Hille, Paarlzicht, Dalweide, Klapmuts, Pniel, Russtasie (Moorreesburg) en Victoriapark (Worcester) wat aan die laerskole-afdeling sal deelneem.

Skole wat Boland Basketbal genader het vir ontwikkeling is Groenheuwel, Wemmershoek, Newton, Hillcrest en Mbekweni.

Die spanne sal in o.13 en o.11 groepe teen mekaar speel.

In die hoërskole-afdeling sal Klein Nederburg, New Orleans, Weltevrede, Bergrivier, Desmund Tutu, Ihlumelo, Worcester Sekondêr en Khayamandi (Stellenbosch) speel.

Die hoërskole sal in o.15 en o.17 groepe meeding.

’n Toernooi vir o.19-spelers asook ’n mini-basketbal-toernooi (7 tot 9 jaar) sal ook tydens die seisoen gereël word.

Belangstellende skole kan Fortuin skakel op 862-3690 (tydens skoolure) of Andries Pieterse op 862-0440.



More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za