Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Beste Boland-atlete gesoek

Beste Boland-atlete gesoek
 
2006-04-20


DIE jaarlikse Boland Atletiek Vyfster Prestasie Toekenningsfunksie sal op Saterdag 3 Junie gehou word.

Tydens die luisterryke funksie sal Boland Atletiek erkenning gee aan al die presteerders in die Boland wat die afgelope jaar (Mei 2005 tot April 2006) op die atletiekbaan presteer het.

Dit beloof om een van die jaar se hoogtepunte te wees aangesien Boland Atletiek die afgelope jaar besonder goed gevaar het.

Verskeie Boland-atlete het op internasionale vlak presteer en meer as 60 medaljes is die afgelope seisoen deur plaaslike atlete op nasionale vlak gewen. Daarby is meer as 20 Boland-rekords verbeter.

Talle van Boland Atletiek se beamptes, afrigters en administrateurs het ook die afgelope jaar hul merk op nasionale vlak gemaak.

Daar word tydens die funksie voorsiening gemaak vir presteerders in agt afdelings - spanbesture, tegniese beamptes, administrateurs, borge, afrigters, atlete, spesiale toekennings en klubs.

Genomineerdes moet aan ’n reeks kriteria voldoen.

Dié kriteria-lys asook nominasielyste kan by die hoofkantoor van Boland Atletiek, by Daljosafat Stadion, gekry word. Die sluitingsdatum vir nominasies is 2 Mei.

Vir meer inligting, skakel Richard Stander, hoof uitvoerende beampte van Boland Atletiek, by 072-347-8964.



More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za